Sport

L/S Thabzimbi Rugbyspan

130LS 1e span-1

Mnr Jacques Blaauw, eienaar van Total Vulstasie in Thabazimbi, het die eerste rugbyspan van Laerskool Thabazimbi geborg met pragtige Total-hemde.  Hierdie span toer weer hierdie jaar vanaf 27 Maart tot 1 April na Sportweni in Port Shepstone aan die Natalse Suidkus om hul onoorwonne rekord van die afgelope 3 jaar te gaan verdedig.  Ongeveer 8 skole gaan deelneem. Die spelers vlieg soontoe en die opgewondenheid is groot.  Op die foto voor is vlnr:  Victor Viljoen, Pieter Botha, Willie Potgieter, Devoux Deysel, Fiki Ribimbi en Henco van Staden. Middel: Ruan Jordaan, Diaan Coetzee, Franco Hoffman, Jacques Beyleveld, en Tshiimiswa Nemavhola. Agter: Shaun Steyn, Renier van Heerden, JD Jordaan, Carel Röhrbeck, Nathan Young en Stiaan Joubert. Heel regs staan mnr Jacques Blaauw van Total Thabazimbi en heel regs is mnr Theron Brand (afrigter). Heelagter in die middel is die span se medeafrigter, mnr Johan Harmse.