Groot kuier met Sages klubkampioenskappe
THABAZIMBI – Die Sages het op 17 en 18 Februarie 2014 hul klubkampioenskappe te Thabazimbi Gholfklub gehou. Almal het dit baie geniet en ‘n feestelike-kuiersatmosfeer het geheers met sommige spelers wat sommer hulle karavane langs die klubhuis kom intrek en kamp opgeslaan het.
‘n Groot dank aan Esmé Behrens en haar hele span, die komitee, kroegpersoneel en elke baanwerker wat bygedra het dat die kampioenskappe suksesvol verloop het. Baie dankie ook aan elke speler wat kom deelneem het.
Die uitslae is soos volg:
Klubkampioen: Chris Bronkhorst
Divisie wenners:
A Divisie: Nico van der Westhuizen
B Divisie: Antonie Abrahamse
C Divisie: Nika Bense
Veterane: Ollie Moorcroft
Meeste punte eerste dag: Marina van der Wateren
Meeste punte tweede dag: Gerhard Richter
Oor al twee dae: Stephan Rossow.
Op die foto is die wenners vlnr: Chris Bronkhorst, Gerhard Richter, Marina van der Wateren, Ollie Moorcroft, Nika Bense, Stephan Rossow en Antonie Abrahamse