THABAZIMBI – Thabazimbi Hengelklub beplan ‘n heerlike kuiernaweek gedurende 30 Aug – 1 September by “Jood se dam” in die vorm van ‘n ope hengelkompetisie en sokkie.
Almal is welkom om deel te neem. Die kostes beloop R100 per deelnemer en R50 as jy net wil kampeer of Saterdagaand wil deelwees van die lentesokkie.
Daar gaan pryse vir die volgende kategorieë wees: Penkoppe 0-12 jaar, Juniors 13-18jr, Dames ope en Seniors ope. Daar gaan ‘n beperkte aantal hengelkaartjies beskikbaar wees as gevolg van die spasie, maar kampeer- en sokkiekaartjies is onbeperk. Daar is groot pryse op die spel.
Kaartjies is beskikbaar by Botha Bin in die industriële gebied, Thaba Boog en Hengel of Thaba Hengelklub by 083 348 2315 of thabahengel@gmail.com.
Daar is ‘n beperkte aantal kampeerplek met krag, warmwaterstorte en behoorlike toiletgeriewe.
Die hengelklub het die dam die afgelope paar maande standhoudend gevoed met water en dus is die dam vol.
Jood se dam word skoongemaak vir die groot Hengel-ope op 30 Augustus tot 1 September.

