Community

Spur borg Tshepong kinders

THABAZIMBI – Die kindertjies van Tshepong Children’s Project het vir Juliemaand heerlike sop en broodjies van Eagle Mountain Spur ontvang.

Spur het op ‘n weeklikse basis 15 liter sop saam met 100 broodjies geskenk, in die hoop dat elke magie by dié sentrum gevoed sal word.

Spur het steeds nie hul hande en harte toegemaak nie, en het koeldrank vir 50 kinders in die “drop in centre” geskenk. Verder het hulle voorgeneem om elke maand iets te skenk om hierdie kinders se magies te vul. Tshepong Children’s Project bedank Spur, asook Spur se senior bestuurder, Roxanne Knuppe vir hul bydrae en ondersteuning.

Kontak Anneke by info@tshepong.org vir meer inligting rakende hierdie projek.

34-Spur

Andries Kgobe (regs) met die oorhandiging van die koeldrank aan Tshepong Children’s Project. Agter vlnr: Johanna en Selmia. Voor: Alda (bestuurder), Lebo en Cathrine.