Sport

Thaba Hengelklub hou kompetisie

THABAZIMBI – Die Thabazimbi Hengelklub het gedurende die naweek van 18 Mei hulle maandelikse kompetisie te Verdragdam aangebied.

Die naweek was ‘n oornag kompetisie en het amptelik om 07:00 Saterdagoggend begin en teen Sondag om 12:00 ten einde geloop.

Die wenner is bepaal deur die hengelaar wat die meeste punte ingesamel het. Tien punte per vis en tien punte per kilogram. Die wind was ysig koud en dit was gedeeltelik bewolk. Aanvanklik het die hengelaars redelik gesukkel en was die vis maar uiters skaars gewees.

Die verskillende afdelings is gewen deur: Cubs – geen hengelaars; Penkoppe: PJ Bezuidenhout (eersteplek), geen ander wenners; Juniors: Andrae v Staden (eersteplek), Deon Bender (tweedeplek) en Martin Scheepers (derdeplek). Dames: Martie Murray (eersteplek), geen verdere wenners; Seniors: Piet Bezuidenhout (eersteplek), Kevin Tullues (tweedeplek) en Tommy Swanepoel (derdeplek).

Die volgende kompetisie vind plaas op Sondag 30 Junie by Jabulani Lodge. Alle hengelaars wat die kompetisie gaan bywoon moet voor die tyd bevestig as gevolg van ‘n tekort aan hengelgebied.

Vir enige navrae rakende die klub, kontak die klubvoorsitter by 083 490 9743 of e-pos thabahengel@gmail.com. Jood se dam is nog toe tot verdere kennisgewing.

22-TBZ Hengelklub pa en seun

Pa en seun, Piet en PJ Bezuidenhout, wen onderskeidelik die Senior en die Penkoppe-afdelings.