Sport

LS Platina rugby held

22-LS Platina Daniel Rankhota

Daniel Rankhota, ‘n Graad 7-leerling van Laerskool Platina, is gekies vir die O/13 Provinsiale oefenspan wat op die oomblik elke naweek aan strawwe oefenkampe deelneem. Daar is 44 seuns gekies vir die oefenkamp. Die twee finale spanne sal op 8 Junie gekies word waaraan die A-span dan aan die Cravenweek gaan deelneem. Die ander span word die Akademiespan genoem. Die skool wens Daniel geluk met sy prestasie, hulle is voorwaar trots op hierdie kranige rugbyspeler.