Solidariteit Helpende Hand beoog om met die Staan nie Terug nie-veldtog 120 onderwysassistente in Afrikaanse skole te plaas.
Suid-Afrika ondervind ? tekort aan gekwalifiseerde onderwysers. Jaarliks moet sowat 15 000 nuwe onderwysers opgelei word om in die totale nasionale behoefte te voorsien. Verder is slegs 10% van die funksionele skole in die land verantwoordelik vir ? 96%-matriekslaagsyfer.
Met Helpende Hand se onderwysassistent-program word onderwysstudente in die klaskamer sy aan sy met ? gekwalifiseerde onderwyser opgelei. Dit verlig die onderwyser se las en bied waardevolle indiensopleiding aan die student. Die belangrikste element is egter dat leerlinge nou en in die toekoms kan staatmaak op gehalte-onderwys.
Helpende Hand stel die onderwysassistent-program met die première van die rolprent, Won’t Back Down, bekend. Die rolprent handel oor twee ma’s se stryd om die verval van hul kinders se skool te stuit en gehalte-onderwys te verseker.
Tydens die geleentheid sal Paul Colditz, die uitvoerende hoof van Fedsas (Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole) die gasspreker wees en hy gaan praat oor gehalte-onderwys in Suid-Afrikaanse skole.
