Laerskool Thabazimbi Rugby
Laerskool Thabazimbi het Saterdag 9 Maart aan die Streek 1 Rugby Graderingsdag te Ellisras deelgeneem en puik gevaar. Vyf van Laerskool Thabazimbi se rugby spanne wat gespeel het, het al hulle wedstryde gewen. Hier staan die eerste span wat hulle wedstryd 49-0 gewen het teen Laerskool Nylstroom. Mnr Theron Barnard is die afrigter van die span.