NYLSTROOM – Een van die Police and Prisons Civil Rights Union (POPCRU) se bekendste gesigte, mnr Hannes Mashilo, het nou by die South African Police Union (SAPU) aangesluit.
Mashilo was sedert 2003 ‘n voltydse verteenwoordiger van POPCRU, waar hy polisielede, verkeersbeamptes en gevangenisbeamptes verteenwoordig het. Mashilo is by SAPU verwelkom deur Kapt Marius Boshoff (FTSS SAPU). Mashilo sal voortaan lede van SAPU behulpsaam wees.
Alle polisie, verkeer en gevangenisbeamptes word uitgenooi om SAPU te kontak in verband met alle werksgeleenthede. Vir meer inligting oor SAPU, skakel vir Kapt Boshoff by 074 172 5838 of 073 409 0568 of Mashilo by 083 9966 959.
Kapt Marius Boshoff saam met SAPU se nuwe lid, mnr Hannes Mashilo.


