Meesters hou Bonanza
THABAZIMBI – Die meesters het ‘n Bonanza aangebied gedurende die naweek van die 22 en 23 September.
Nagenoeg 160 hengelaars van regoor die land het aan die kompetisie deelgeneem. Ondanks die donderstrom wat Vrydagaand gewoed het en ‘n paar hengelaars se kampeerplekke op hulle koppe gedraai het, was die Bonanza ‘n reuse sukses wat deur hooforganiseerders, Theunis en Marietta Botha aangebied was.
Die doel van die Bonanza was om die finansiële druk ligter te maak vir die meesters Noordwesspan wat aan die SA Kampioenskappe gaan deelneem gedurende die week van 12-16 November te Heartease Vaaldam.
Daar was vier afdelings waarin meegeding kon word naamlik die Seniors,
Dames, Juniors en Penkoppe. In elke afdeling was drie wenners vir die grootste karp een wenner in elke afdeling vir die grootste barber.
Daar was baie gelukkige trekkings en het so te sê amper elke hengelaar met ‘n prys huistoe gegaan. Die pryswenners is as volg aangewys: eersteplek – grootste karp, tweedeplek – tweede grootste karp, derdeplek – derde grootste karp, vierdeplek – grootste barber, vyfdeplek – swaarste sak.
Die wenners was: Seniors: D Coetzee (9.040kg), Lucas Hosthauzen (7.84kg), R v Toorn (6.66kg), C Gates (4.36kg) en D Coetzee (33kg). Dames: Susan Joubert (10.14kg), D Lourens (4.88kg), Amalinda Hosthauzen (4.86kg), Nicolene Heydenrych (3.06kg) en Susan Joubert (10.14kg). Juniors: F Steenkamp (2.66kg), I Rossouw (2.28kg), Don Pieterse (2.2kg), Theunis Heydenrych (2.94kg)en Don Pieterse (6.24kg). Penkoppe: CJ vd Berg (niks gevang nie, maar baie positiewe hengelaartjie het trofee vir penkoppie ontvang).
Die meeste vis, naamlik 13 vis, vir die naweek is deur Willem Heydenrych van Thaba Hengelklub gevang, alhoewel dit nie die swaarste was nie. Thabazimbi Hengelklub het die trofee ontvang vir die bes verteenwordige klub, naas hulle was Swartklip UPM.
Elke hengelaar, ondersteuner en borg word bedank wat die dag ‘n sukses van gemaak het.
D Coetzee was die senior kampioen, sy karp het 9.040kg geweeg hy het ook die swaarste sak vis ingeweeg (33kg). Saam hom op die foto is die Koördineerder van die Noordwes Meestersspan, Barry Dreyer.