Skenkings aan Huis Immergroen welkom

THABAZIMBI – Huis immergroen is die tussenfase ouetehuis op die dorp.  Dit is grootliks ‘n gemeenskapsprojek wat deur die kerke bestuur word en skenkings van die gemeenskap verkry.

Daar is steeds ‘n paar kombuis items wat Huis Immergroen benodig. Enige item hoe klein ook al sal waardeer word: 2 koeldrankbekers; 5 x 20l plastiese emmers met deksels; 2 oondpanne; 2 diep kolwyntjiepanne; 2 ronde koekpanne; 1 elektriese menger; 2 tertborde; 4 groentemesse; 4 konfytbakkies; 2 skinkborde; 4 tee nette; 4 tafel nette; 8 opskeplepels; 1 stel maatkoppies; 2 broodplanke; Skaal; 4 stelle sout en peper potjies en 4 ronde pyrex bakke met plastiese deksels – 3liter grootte.

Indien iemand ‘n skenking van bogenoemde wil maak, kan hulle die items by Elbro Makelaars afgee.