Almal welkom by Kansa TBZ

THABAZIMBI – Die gemeenskap van Thabazimbi en omliggende gebiede word versoek om deel te word van die Kansa Thabazimbi groep wat ten doel het om kankerpasiënte se lewe geriefliker te maak.

Sr Adele da Silva, Kansa Koördineerder van Thaba, bedank ook graag die gemeenskap se betrokkenheid by die Shavethon. Sy nooi graag alle kankerpasiënte of pasiënte wat reeds in remissie is, om haar te kontak by e-pos adasilva@cansa.org.za of by 0824932473.

Die dienste beskikbaar by Kansa strek vanaf ondersteunings-groep, voorkoming deur papsmere en PSA toetse vir mans, pruike, mediese toerusting, pynkontrole

interim huis fasiliteit, stoma advies tot tuis besoeke.