Northam VLU leer meer oor TB

Northam VLU se nuwe lede ontvang elk 'n geskenkie, vlnr: Ursula Joubert, Maritza Hasebroek, Marinda Gagiano en Jenny Streak. Voor: Deacon. Afwesig: Rene Laas.

SWARTKLIP – Northam VLU dames het op 15 Maart hul 222ste vergadering aan huis van Angela Potgieter gehou.

Vyf nuwe lede is welkom geheet, en het elkeen ‘n geskenkie ontvang. Nadat die huishoudelike sake afgehandel is, het Suster Doreen Greyling van Union Hospitaal, Swartklip, die dames ingelig oor die voorkoming en genesing van Tuberkulose in die lig van Wêreld Tuberkulose Dag op 24 Maart 2012.

Sy het die belangrikheid van goeie ventilasie en sonlig in die huis beklemtoon, ter voorkoming van Tuberkulose. Simptome waarna opgelet moet word, wanneer jy vermoed dat jy Tuberkulose het, is gewigsverlies, sweet in die nag en die spuug van bloed as jy hoes. Tuberkulose is geneesbaar, dus is dit baie belangrik om die medikasie te voltooi. Wanneer ‘n persoon met Tuberkulose gediagnoseer word, is dit verpligtend om dit by die regering aan te meld. Elke dame het ‘n T-hemp, asook borsspeldjie ontvang. Northam VLU se volgende vergadering sal plaasvind op 19 April te Swartklip. Vir meer inligting skakel of sms Mari Meintjes 0820864915.