Oornag hengelkompetisie groot sukses

Die wenners van Thaba Hengelklub se klubkompetisie, agter vlnr: Lourens Kidson, Theunis Botha, Peet Meyer, Dries Botha en Herman Meyer. Middel vlnr: Jaco van Vuuren, Deon Bender, Jan Bender, Martie Murray en Marietta Botha. Voor vlnr: Martin Scheepers, Mickayla Tullues en Dalize Botha.

THABAZIMBI – Thaba Hengelklub het ‘n oornag klubkompetisie by Andries Pretorius dam verlede naweek aangebied.

Alhoewel daar nie baie vis uitgekom het nie, het die hengelaars die kompetisie terdeë geniet.

Die wenners was as volg: Seniors: Jan Bender – eersteplek, Peet Meyer, Theunis Botha en Dries Botha – gesamentlik in die tweedeplek. Dames Martie Murray – eersteplek en Marietta Botha – tweedeplek. Juniors: Herman Meyer – eersteplek, Lourens Kidson – tweedeplek en Jaco van Vuuren – derdeplek. Penkoppe: Martin Scheepers – eersteplek, Deon Bender – tweedeplek en Mickayla Tullues en Dalize Botha deel ‘n derdeplek posisie.

Die wenners is bepaal deur die grootste spesies gehengel. Karp was eerste prys, barber tweede prys en kurper derde prys.

Thaba Hengelklub vra dat alle hengelaars die CVO skool (Bosveld Akademie) sal ondersteun met die swerwers kompetisie wat gedurende die naweek van 7 tot 9 Oktober gaan plaasvind. Wildkarkasse word as pryse aangebied.

Thaba Hengelklub bedank Theunis en Marietta Botha vir die prysgeld wat hulle vir die penkoppe en die juniors geborg het.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.