THABAZIMBI – Die Thabazimbi se Brandbeskermingsvereniging (TFPA) hou op Woensdag 17 Augustus sy Algemene Jaarvergadering om 14:00 in die Biblioteeksaal.
Lede moet daarop let dat die ligging verskuif het vanaf Kumba se Bioskoopsaal na die Biblioteeksaal in Vierde Laan, agter die Biblioteek.
Na verwagting sal daar tydens hierdie vergadering ernstig gekyk word na die moontlike ontbinding van die vereniging, in die lig van onlangse bedankings uit die uitvoerende komitee en klagtes oor die gebrekkige samewerking tussen die komitee en die stadsraad.
Hennie Pauw
