
‘n Reuse Pluimvee skou is tydens die Thabazimbi Landbouskou aangebied deur plaaslike pluimvee boere met die hulp en ondersteuning van die Rustenburg Pluimvee Klub en ander.
Meer as 70 spesies hoenders, watervoëls en duiwe het gekraai, gekekkel, geblaas en gekoer om skougangers te verwonder. Daar was langes, kortes, lelikes en mooies en groot en klein het met nuwe oë na die hoendertjies gekyk. En niemand het die beoordelaars hul taak beny nie.
Telers van so ver as die Vaaldriehoek het hul beste geveerde vriende kom uitstal. Volgens Jurie Robbertse van die Rustenburg Pluimvee klub is hulle bly om weer die aandag op die boerdery in die Bosveld te vestig. “Dis heerlik en daar is soveel uitdagings en verskillende rasse wat elkeen se hart gelukkig kan maak!”
Voëls word verdeel in Hardeveer en Sagte veer klasse, asook Watervoëls en Egte Bantams. Die groot skou kampioene was as volg:
- Beste Watervoel: Peking Eend van Jean Keyser van Rustenburg Pluimvee Klub.
- Beste Hardeveer Bantam(klein): Old English Game van Lizelle Robbertse van Rustenburg Pluimvee klub.
- Reserwe Beste Hardeveer Bantam: Chibby van Gerlad Holding van Rustenburg Pluimvee klub.
- Beste Groot Hardeveer: Old English Game van Jan Ehlers van Vaaldriehoek Pluimvee Klub.
- Reserwe beste Groot Hardeveer: Malay Large van SAE Vorster van Thabazimbi.
- Beste Sagte veer Bantam: Plymouth Rock van Sunette Robbertse van Rustenburg Pluimvee klub.
- Reserwe Sagte veer Bantam: Pool van Gert Robbertse van Rustenburg Pluimvee Klub.
- Beste Sagte Veer Groot: Brahmavan Jurie Robbertse van Rustenburg Pluimvee Klub.
- Reserwe Beste Groot Sagte Veer: New Hamshire van Jurie Robbertse van die Rustenburg Pluimvee Klub.
- Beste Egte Bantam: Peking van Jan Ehlers van Vaaldriehoek Pluimvee Klub.
- Reserwe Beste Egte Bantam: Rooskammetjie van Gerald Holding van Rustenburg Pluimvee Klub.
“Ek het nooit geweet daar is soveel hoenders in die Bosveld nie,” se Jan Trichardt, voorsitter van die skou komitee. Hy was baie verras oor die goeie opkoms en wye verskeidenheid by die Pluimvee skou.

