Krieket wen Ligawedstryde teen Laerskool Bosveld

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se krieketseuns het Donderdag 28 Julie teen Laerskool Bosveld te staan gekom.

Die O/11’s wen oortuigend met nege paaltjies nadat hulle Bosveld almal vir ‘n skrale 36 lopies uitgehaal het.

Anthony Brand staan uit as beste bouler vir die O/11’s nadat hy ‘n skitterende vier paaltjies neem vir slegs een lopie.

Die beste kolwer is Franco Potgieter wat 14 van die 37 lopies wat hulle nodig gehad het, met die kolf aangeteken.

Die eerstespan wen met twee paaltjies. Die beste bouler, Zander Azar, neem ‘n skitterende vyf paaltjies vir slegs 13 lopies. Die beste kolwer was Shaun Steenkamp met 37 lopies.

Die O/10’s wen met nege paaltjies. Die beste bouler was Henco van Staden wat vier paaltjies neem vir agt lopies. Hy was ook aangewys as die beste kolwer met 54 lopies, sonder om sy paaltjie te verloor. Saam met Janco Blignaut se 19 lopies het hulle ‘n vennootskap van 73 lopies aangeteken.