Isabel is oorlede

Isabel van der Westhuizen, die vriendelike tannie by Zimthabi, is in die vroeë oggend ure van Donderdag 14 April in Curamed hospitaal oorlede.

Isabel is ongeveer twee maande gelede met kanker gediagnoseer. Sy het oor die pas afgelope naweek skielik verswak en is Woensdag 13 April in die hospitaal opgeneem.

Die begrafnisdiens vind op Donderdag 21 April om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk Thabazimbi plaas.

‘n Huldeblyk oor Isabel, ‘n gebore Bosvelder, wat haar liefde en lewe aan die mense in die Bosveld gewy het, sal volgende week geplaas word.