Suksesvolle Kringbyeenkoms by Laerskool Thaba

Met determinasie het Layton Horn sy beste gegee om ‘n plek te behaal met Vrydag se Kring atletiekbyeenkoms in die 60m en 80m items.

THABAZIMBI- Laerskool Thabazimbi het verlede Vrydag 4 Februarie ‘n Kringbyeenkoms aangebied. Die skool behaal 48 eersteplekke, 34 tweedeplekke en 33 derdeplekke. Aangesien dit ‘n nuwe Kringbyeenkoms is, was daar geen rekords om te breek nie.