Pret én sorg vir Borskankermaand

Verlede jaar het deelnemers hope pret gehad tydens die jaarlikse CANSA aandpretloop in Oktober.

THABAZIMBI – Oktober is tradisioneel Borskankermaand en verskeie aksies word landwyd geloods om bewusmaking te help kweek. Thabazimbi is geen uitsondering nie.

Soos die afgelope twee jaar word daar vanjaar weer ‘n CANSA aandpretloop aangebied. Vanjaar vind dit plaas op Woensdag 27 Oktober vanaf 17:00. Die wegspring is by Thaba Stereo in Vanderbijlstraat.

Vroeër dieselfde dag word daar ‘n CANSA Papsmeer en Borsondersoek Kliniek by die Medi-Clinic Hospitaal aangebied tussen 10:00 en 14:00. Die koste beloop R125 per persoon om die kostes van die laboratorium te dek. Die ondersoeke geskied volgens afspraak. Hiervoor kan Isabeau by 072 698 0709 gekontak word.

Drawwers of stappers kan in een van twee afstande deelneem tydens die pretloop, naamlik die 5- en 10km. Deelnemers word versoek om vanjaar prettig aan te trek. Daar is verskeie kategorieë en pryse.

Inskrywingsfooie wissel van R20 vir laerskoolleerders tot R40 vir volwassenes wat vir die 10km-pretloop inskryf. Inskrywings kan by skole gedoen word, Deo Volente Beddens of Active Life Gym.

Vir enige navrae rakende die pretloop, kontak Veronica by 071 183 6227.

Ter afsluiting van die Borskanker Bewustheidsmaand word daar Donderdag praatjies by skole aangebied, asook ‘n onderhoud oor Thaba Stereo gevoer.

Hennie Pauw