VLU Thabazimbi vier 60 jaar

THABAZIMBI – Die Lente-tee wat gehou is op 12 Augustus by die AP Kerksaal, het gepaard gegaan met die tak se 60ste verjaarsdag.

Die saal en tafels was versier met blomme en krale wat gedoen is onder die kreatiewe leiding van Pam Botha.

Die gasspreker, Tessa van Wijk, ‘n traumaberader, se boodskap was dat traumas van die verlede genees kan word. Die modeparade se modelle met hul someruitrustings het die gaste weer laat uitsien na die warm somer van Thabazimbi.

Jesse Lang, met haar strelende stem, het ‘n rustige atmosfeer geskep. Die uitstallers het baie interessante produkte bemark. Die tak was ook baie bevoorreg dat die presidente van VLU Noord, Tharina Rossel en Elize Pretorius, Bosveldstreek se voorsitter, die feestelikheid saam met die tak kon deel.

Marie Steenekamp is deur die tak as Thabazimbi se Vrou van die Jaar vereer.