Thabazimbi skopboks suksesse

Francois Buys by Brian Ebersole met sy titel belde.

THABAZIMBI – Die skopboks klub het die afgelope jaar vele suksesse opgelewer met hul studente by toernooie. Met die verwikkelinge op die vegkunste gebied in gedagte en ook om van ’n briljante geleentheid gebruik te maak vir opleiding, het Shian Peet van Breda dit goed gedink om ’n dubbel wêreldkampioen “UFC cage fighter” na Thabazimbi te nooi om sy ondervinding met die studente te deel. ’n Seminaar wat stoei, skop en slaan tegnieke kombineer is aangebied. Brian Ebersole het dan ook gestand aan sy titels skerm werk met almal gedoen en tegnieke gedemonstreer. Thabazimbi Skopboks Klub bedank Marius de Beer en Michael Buys vir hul hulp en bydraes wat die seminaar baie suksesvol laat verloop het.