Health

Thabazimbiërs skenk meeste bloed

Hennie Pauw
THABAZIMBI – Altesaam 65 eenhede bloed is Woensdag 28 Oktober in Thabazimbi geskenk, meer as enige ander tak in die Noordwes-streek die afgelope maand.
Aïda, die eiendomsonderneming, het landswyd ‘n veldtog van stapel gestuur om sy gewig agter die SANB (Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens) in te gooi in ‘n poging om landswyd 3000 eenhede te tap. Dit is deel van ‘n groot poging om genoeg bloed in voorraad te hê vir die somervakansie wanneer baie ongelukke op die paaie plaasvind en ekstra bloed benodig word.
In die Noordwes-streek, waarvan Thabazimbi (ten opsigte van die bloeddiens) deel uitmaak, het die Thabazimbi tak die heel meeste eenhede, naamlik 65, getap tydens Woensdag se bloedskenk-sessie. Nie een ander tak in Rustenburg of Brits kon Thabazimbi klop nie, vertel Marie Steenekamp trots.
Sy is baie trots op almal wat geskenk het Woensdag, sê Marie. Sy bedank ook die hoërskoolleerders wat geskenk het.
Johannes Segale, wat die afgelope 27 jaar by die Rustenburgse tak van die SANB gewerk het, het Woendsag sy laaste draai op Thabazimbi gemaak as SANB-werknemer.
Uit die aard van sy werk het Johannes, wat pas 65 jaar oud geword het, Thabazimbi elke maand besoek, waar hy die plaaslike bloedskenk-koördineerder, Marie Steenekamp, goed leer ken het. Hy tree nou af, sê Johannes, maar sal nie sommer gaan stilsit nie.
Johannes se werk was om die SANB-voertuig te bestuur, toerusting rond te dra, die bloed verkoel te hou en te help met toerusting-voorbereiding tydens die bloedskenk by verskillende stasies.
Ander plekke wat Johannes gereeld besoek het saam met die SANB-span was Amandelbult, Swartklip, Northam Plats, maar ook dorpe verder weg in die streek soos Zeerust en Swartruggens en natuurlik Rustenburg self. Simon Lobeko neem by Johannes oor.
Die volgende geleentheid vir bloedskenk is op 18 November in die NG Kerksaal tussen 15:00 en 18:00.