37 spanne by Huis Immergroen Hengelkompetisie
MAKOPPA – Die Hengelkompetisie ten bate van Huis Immergroen te Makoppa op Saterdag 31 Oktober het ‘n totaal van 37 spanne en 111 hengelaars gelok.
Die weer het goed saamgewerk en R27590 is vir Huis Immergroen ingesamel op die dag. Die pryse het aan die volgende deelnemers gegaan: Swaarste sak met 3 spesies gaan aan Herman Niemand, die totaal van die sak was 21.179kg. Die kinder swaarste karp word deur Eric Snyman teen 2.602kg ingeweeg en die prys vir die snaakste spesie wat vir die dag gevang is, is deur Dawie Snyman verwerf vir sy waterskilpad.
Die organiseerders bedank graag al die borge wat hierdie dag moontlik gemaak het.