Standard Bank inkleurkompetisiewenners

THABAZIMBI – Die Thabazimbi-tak van Standard Bank het op 10 September 2009 drie skole in die omgewing genader vir ‘n inkleurkompetisie.
Die drie deelnemende skole was Ysterberg Laerskool, Deo Gloria Laerskool en Bosveld Akademie Privaatskool. Die kompetisie het gesluit op 30 September 2009. Die prentjie wat die kinders moes inkleur het gehandel oor ‘n voorwerp waarin jou spaargeld kan verander – ‘n see avontuur, ‘n motorfietstoer, ‘n wildsrit of ‘n treinrit. Die maklike kompetisievragie was in die lyn van Standard Bank se nuwe slagspreukreël.
Die doel van die kompetisie was om die kinders bewus te maak oor die belangrikheid van spaar. Standard Bank beoog ook ‘n nuwe kompetisie, “Thabazimbi’s Got Talent” te loods, waar hulle skole gaan nader om spanne of individue in te skryf om ‘n liedjie te sing. Hou Die Kwêvoël dop vir verder inligting.