Laerskool van Wykskraal hou 3-kamp
MAKOPPA – ‘n Paar flink Laerskool Van Wykskraal leerders se mammas het met die blink idee vorendag gekom om hul eie driekamp op Saterdag 14 November 2009 aan te bied.
Hierdie junior driekamp kan deur aspirant atlete van so jonk as 6 jaar tot 14 jaar deelneem en sluit swem-, hardloop en fietsry afstande in.
Vooraf inskrywings kan by Active Life Gym of Learn to Swim gedoen word of op die dag om 07:00 – 07:45, met die wegspring stiptelik om 08:00 te Plaas Staankraal te Makoppa.
Daar sal heerlike verversings en yskoue koeldranke beskikbaar wees en alle deelnemers ontvang medaljes.
Bring dus jou skopfiets, driewiel, BMX of bergfiets en kom geniet ‘n pretdag saam met die jongspan, voorwaar ‘n eerste in die omgewing.
Skakel vir besonderhede Zanie by 082 330 7388, Elbie by 083 716 6140 of Wilma by 072 146 7536.