Suzuki Grand Vitara verdien hoë lof in Australië

Die Suzuki Grand Vitara-sportnutsvoertuig (SNV) het hoë lof van twee vooraanstaande motortydskrifte in Australië ontvang.
Die 4×4-deskundiges van die tydskrifte 4×4 Australia en Overlander 4WD, wat alom as die mees omvattende toetsers van 4×4-voertuie in Australië beskou word, het albei onlangs die Grand Vitara as die land se beste kompakte SNV aangewys – en dit vir die tweede jaar agtereenvolgens.
Die Grand Vitara het die louere onder die neuse van ’n uiters mededingende veld teenstaanders weggeraap, wat onder meer die VW Tiguan, Toyota se RAV4, die Hyundai Tucson, Nissan se X-Trail, die Jeep Wrangler, die Subaru Forester en die Honda CR-V ingesluit het.
Onder die sleutelkenmerke wat deur die beoordelaars uitgesonder is, tel die Suzuki se laestrek-oordraratkas, sy tawwe leerraam-onderstel en sy onafhanklike vering. Dié kenmerke het gesamentlik gesorg dat die Suzuki ’n 4×4-toetsroete baasgeraak het wat min ander kompakte SNVs kon voltooi.
Die evalueerders was ook vol lof vir die Grand Vitara se gerieflike sitplekke, akkurate stuuraksie en waardetoegevoegde prysstruktuur.
Hoewel die turbodiesel-aangedrewe Grand Vitara DDiS die toekenning verower het – ’n weergawe wat nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie – het die Overland 4WD-span ook die petrolaangedrewe modelle geprys, en beide die Grand Vitara 3,2-liter V6 en die Grand Vitara 2.4 as die dieselmodel se naaste teenstaanders uitgeken.
Die Grand Vitara se welslae in Australië word ook die plaaslik weerspieël. Sedert sy bekendstelling in SA in September verlede jaar het Suzuki se kompakte SNV reeds hoë lof uit baie oorde ontvang, en die vraag na die voertuig bly hoog, ondanks die swak ekonomiese klimaat.
Kopers van die plaaslik beskikbare Grand Vitara-reeks het ’n keuse van twee petrolenjins: ’n viersilinder-eenheid van 2,4 liter en die vlagskip-V6 van 3,2 liter. Die 2,4 liter-model kan met óf ’n vyfgang-handratkas, óf ’n outomatiese vyfgangratkas bestel word, terwyl die V6-topmodel net met ’n outomatiese ratkas beskikbaar is.
Hoë vlakke van spesifikasie, ’n volledige reeks veiligheidstelsels en uitnemende veldryvermoë tel ook onder die Grand Vitara se uitblink-kenmerke.
Die Grand Vitara-reeks word deur ’n allesomvattende waarborg en diensplan ondersteun, en is by al 23 handelaars van Suzuki se groeiende nasionale handelaarnetwerk beskikbaar.