General

Mnr en Mej Thabazimbi 2009

Izak Davel is een van die aanbieders van die “Wille Bosveld” Meneer en Mejuffrou Thabazimbi, wat tydens die Landbouskou op 30 Julie aangebied gaan word.
Izak Davel is een van die aanbieders van die “Wille Bosveld” Meneer en Mejuffrou Thabazimbi, wat tydens die Landbouskou op 30 Julie aangebied gaan word.

THABAZIMBI – Die jaarlikse Mnr en Mej Thabazimbi 2009 wat tydens die Landbou en Nywerheid Skou aangebied word, beoog om weer skoonhede van oral oor te lok.
Met die Landbouskou net meer as ‘n maand weg, word alle seuns en dogters, jong mans en dames genooi om aan die Meneer en Mejuffrou Thabazimbi kompetisie wat op Donderdag 30 Julie om 18:00 plaasvind, deel te neem.
Geen inskrywingsfooie is daaraan verbonde nie en inskrywings moet die organiseerders voor 15 Julie 2009 bereik. Die inskrywingsvorms is beskikbaar by die hoofborg, Thaba Spar, sowel as by die Thabazimbi Landbouskou kantoor, waar dit ook ingehandig moet word.
Die verskillende kategorieë maak voorsiening vir Meisies 6jr – 10jr; Meisies 11jr – 15jr; Meisies 16jr – 24jr; Seuns 6jr – 15jr en Seuns 16jr – 24 jr.
Deelnemers moet op Donderdag 30 Julie om 14:00 by die verhoog in gewone slenterdrag vir onderhoude aanmeld. Die tema die jaar is weer “Wille Bosveld”, met die aand se aktiwiteite word daar versoek dat deelnemers volgens die tema aantrek, met groot pryse op die spel.
Die aanbieders vir die Meneer en Mejuffrou Thabazimbi is Izak Davel (Scab van Egoli) en Jade Storm. ‘n Plaaslike ontwerper gaan tussen pouses matriekafskeidrokke ten toon stel, wat al die matriekmeisies sal gaande hê. Dit beloof om ‘n pretvolle geleentheid te wees, so stof die “cowboy” stelwels en hoed af, en kom neem deel.
Vir enige navrae, kontak die organiseerder, Ursula Roux by 083 584 6061 of die skoukantoor by 014 777 1204.