Drie weke tot jou eerste 5km
THABAZIMBI – Dit is nie ons almal beskore om onder 3 minute / km te hardloop nie, of om ’n groen nommer in die Comrades te behaal nie, maar meeste van ons kan ‘n 5km ‘Fun-Run’ voltooi. Al wat jy nodig het is die begeerte, ’n oefenprogram en ’n doelwit wedloop.
Op Saterdag, 28 Maart 2009, bied Thabazimbi Marathon Klub, tesame met Kumba Iron Ore, die eerste amptelike Marakele National Park Marathon aan. Op hierdie dag sal daar 3 wedlope plaasvind. Die vol marathon, 42,2km, ‘n 20km-wedloop, en ‘n ‘Fun-Run’ van 5km.
Vir vooraf inskrywings, kontak vir Piet van Staden, 073 002 0873, of kom skryf op die oggend in vanaf 5 uur. Wedlope begin om 6 uur. Wegspring en inskrywings vind plaas by die hoofingang na die Marakele Nasionale Park.
Baie atlete van heinde en verre het reeds ingeskryf om hierdie dag hulself te kom geniet in die asemrowende natuur van die Marakele Nasionale Park.
As jy graag jou eerste 5 km wedloop wil aandurf, hier volg ’n veilige program: