Thabazimbi Marathonklub by Deloitte Marathon
PRETORIA – Die Thabazimbi Marathonklublede het Saterdag 28 Februarie 2009 aan die 36ste Deloitte Pretoria Marathon deelgeneem. Die uitslae was as volg: In die 42.2km marathon afdeling, wat in 2006 as die vierde beste marathon in die land bekroon is, is die uitslae as volg: Jaun-Pierre van Niekerk 4h 40min en Almo van Niekerk 5h 10min. In die halfmarathon van 21.1km, wat onder die Top 10 halfmarathonne in die land genommer is, is die uitslae as volg: Piet van Staden 2h 33min, Louis la Grange 2h 33min, Francoise van Niekerk 2h 28min, Iwalda Bezuidenhout 2h 21min, Marietta Barnard 2h 21min, Stephan van der Merwe 1h 59min en Rian van der Merwe 1h 59min. Renthia la Grange neem deel aan die 10km Pretloop/Hardloop en eindig met ‘n tyd van 1h 45min.