Hoërskool Frikkie Meyer bied suksesvolle atletiek byeenkoms aan
THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het verlede Saterdag ‘n atletiek byeenkoms aangebied waartydens Hoërskole Ellisras en Warmbad meegeding het.
Die atlete het hulle baie goed van hulle taak gekwyt alhoewel junior atlete nie stiptelik vir hul items opgedaag het nie.
Op die dag is daar ‘n paar rekords gebreek. Martin Meintjies het die S o/17 100m geëwenaar met ‘n tyd van 11.205s, dogters aflos o/16 is ook verbeter van 53.305 na 53.205, en Wimpie Pretorius blink uit met hoogspring S o/19 en word as die Beste Senior Veldatleet, Beste Seunsatleet en Beste Atleet van die dag benoem.
HFM wen met ‘n puntestand van 934, Ellisras neem die tweedeplek met 903 en Warmbad eindig derde met 762 punte.