General

Vaalwater wildveiling

VAALWATER – ‘n Wildveiling is op 27 September by die Oljaco Krale in Vaalwater gehou. Dit was aangebied deur Waterberg Game Dealers en die afslaer was Koot van Staden van Vleissentraal.
Vir die 391 diere wat verkoop is, is amper R4,2m betaal.
In die familiegroep-afdeling het buffelkoeie ‘n prys van R245 000 behaal en ‘n swartwitpenskoei ‘n prys van R162 500. Individue in ‘n teelgroep het elk vir R120 000 verkoop.
Familiegroep njalas het teen R6 125 gemiddeld elk verkoop en Burchell sebras teen R5 800. Hartwater springbokke het teen 7 500 gemiddeld elk verkoop. Gemsbokke het teen R5 400 elk en elande teen R5 756 elk verkoop. Volstruise is teen R1 775 elk verkoop en waterbokke teen R4 886 elk.
Die bulle en ramme van die volgende diere het teen die volgende gemiddelde pryse verkoop: blesbok R1 575, blouwildebees R1 900 (hoogste prys R3 400), eland R11 750 (hoogste prys R13 400), kameelperd, R12 500, koedoe R3 000, njala R7 500 (hoogste prys R12 000), volwasse renoster R310 500, jong renoster R195 000, rooibok R1 329, rooihartebees R4 560, volwasse swartwitpens R40 000, jong swartwitpens R20 000, waterbok R4 567 en jong waterbok R7 500.