Health

ADHD dokter weer in Thaba

THABAZIMBI – Dr Erich Theunissen, die dokter van Pretoria wat spesialiseer in kinders met ADHD (Attention Deficit and Hyperacitivity Disorder oftwel Aandagversteuring en Hiperaktiwiteit), hou weer volgende week ‘n inligtingsdag by Laerskool Thabazimbi.
Hy is op Woensdag 17 September in Thabazimbi en sal op drie geleenthede, 09:00, 14:00 en 18:00, ouers en belangstellendes toespreek oor dié belangrike onderwerp in die Laerskool Thabazimbi skoolsaal. Die lesings is gratis.
Volgens hom kan daar in ‘n klas van tussen 30 en 35 kinders, tot drie of vier kinders wees wat aan ADHD ly. Die lesing sal handel oor die herkenning en praktiese hantering van ADHD en alle meegaande probleme in die klaskamer en by die huis.
Vir navrae kan Hannelie by 014 772 2241 geskakel word.