Setaria Spar geborgde Gholfdag goed ondersteun
AMANDELBULT – Verlede Saterdag was dit die jaarlikse Setaria Spar gholfdag wat by Amandelbult Gholf klub gehou was.
Die lekker wintersdag is deur sowat 80 spelers van oral oor ondersteun. Daar was goeie gholf gespeel en ook heerlik gekuier, vir die wat nie kans gesien het om die swaar gholf sak te dra nie.
Een van die groot borge vir die dag was Wellington VO Brandy, hulle het gesorg dat die gholfers almal ‘n kepsie gekry het om die lastige son hok te slaan, asook een of twee groot bottels Wellington VO brandy geborg vir die wenners van die dag.
Scott Denton, wat die dag moontlik gemaak het, was ook onder die gholfspelers. Hy het lekker met sy gholf karretjie rond gery en van die “beste houe” gespeel. Die geld wat ingesamel is op die dag gaan aan Barneys Kleuterskool op Setaria en Neos Christelike skool op Koedoeskop. Volgens die borge het dié skole het al die hulp nodig wat hulle kan kry.
By die 19de putjie is een van die spelers per ongeluk met ‘n gholfbal op die oog raakgeslaan en moes deur paramedici behandel word en per ambulans na die hospitaal vervoer word. Gelukkig is later verneem dat hy volkome sal herstel van sy besering.
Vir middagete was daar liplekker warmbrakke en vir die aand se gekuier is daar ‘n vleisie oor die kole gehaal.
Scott bedank almal vir hulle ondersteuning asook die borge, Wellington VO brandy, Setaria Spar en Setaria Tops, sonder hulle sou die dag nie kon plaasvind nie.
Foto 1 (6825)
Scott Denton en sy groen gholf karretjie het lekker rondgerits, hier saam hom is sy groep wat hom die dag “laat wen” het.
Foto 3 (6846)
Die 19de putjie waar almal vir ‘n wyle “vasgehaak” het en ietsie vir die droogte in die keel kon kry, na die kompetisie is daar ook voorsiening gemaak vir die hol kol op die maag.