Nuus van die perderuiters van Thabazimbi
THABAZIMBI- Arwin Equestria te Kwaggasvlakte, hou op Saterdag 26 Julie ‘n perde- en dresseerskou.
Dit is die tweede skou wat daar gehou sal word. Daar is ‘n hoof arena, dresseer arena en ‘n cross Country baan vir die wat bietjie meer waaghalsig is. Die skou begin om 09:00 met klasse van 1 tot 22. Van die items vir klas 1 tot klas 6 sluit in: Lead rein, pop event, jump for joy, pre novice welcome stakes en intermediate welcome stakes. Vir klas 7 tot klas 12 is dit lead rein, accumulator, accumulator with joker, pre novice accumulator with joker, novice accumulator with joker and championship. Klas 13 tot 22 sluit in childrens prelim, childrens prelim test 3, junior prelim test 2, junior prelim test 3, junior novice test 2 and 3, adults prelim test 2 and 3, adults novice test 2 and 3. Alle perdeliefhebbers word uitgenooi om die saam te kom geniet. Daar sal ietsie te eet en drink te koop aangebied word. Inskrywingsvorms is by Wes Feeds beskikbaar. Vir enige inligting skakel gerus vir Monica Willats by 014 778 0780 of Sonja Jansen van Vuuren by 082 810 0255.