Ilze Neethling lewer praatjie vir Thabazimbi se VLU

THABAZIMBI-Lede van die VLU Thabazimbi tak het 12 Junie by die Kunstegrot vergader waar hulle deur Ilze Neethling toegespreek is.  Ilze, ‘n sielkundige raadgewer wat haar eie privaat praktyk hier in Thabazimbi het, skryf gereeld rubrieke vir die Kwêvoël se Vroueblad.
Die onderwerp waaroor sy gepraat het was die doel en voordele van stories.  Soos sy dit aanhaal: ”Stories are the windows of life.  They let  everyone peek inside to see that they are not alone with there suffering. It’s that knowledge that gives them hope when their world is bleak, makes them laugh when they see their own folly, makes them cry when tears are the only answer. Without that window, the greatest emotions are sometimes never touched, never felt and never sheard.”
Op 18 Junie het die VLU dames by die inwoners van Bosveld oord gaan kuier en hulle bederf met heerlike groentesop en broodjies. Tydens die amptelike opening van Radio Bosveld op 30 Mei het die tak se skakelbeampte, Liz van Tonder, ook gaan inloer en beland toe sommer agter die mikrofoon.  Sy het die luisteraars  ingelig oor die doen en late van die VLU.  Drie van die lede, Marie du Buys, Liz van Tonder, en Trudie Sauer het ook die radiostasie later besoek.  Die aanbiedster Debbie Viljoen het in ‘n onderhoud uitgevra oor die aktiwiteite van die tak.  Die luisteraars het die geleentheid gekry om te hoor hoe lekker dit is om  deel te wees van die VLU.
Die tak se volgende vergadering word gehou in die Marakele Nasionale Park op 18 Julie om 09:00.  Belangstellendes kan gerus vir Liz van Tonder skakel by 084 436 4429 skakel.

Jakkie Vos van die Thabazimbi VLU bedank Ilze Neethling, links, vir die interessante praatjie wat sy tydens die VLU vergadering gelewer het.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.