Ondersteun ‘Cuppa vir Kansa’

THABAZIMBI – Op Vrydag en Saterdag 13 en 14 Junie word Kansa se “Cuppa vir Kansa’-projek by Shoprite in Thabazimbi gehou.
Die projek behels dat alle Shoprite-klante op hierdie dae die geleentheid sal kry om ‘n koppie tee en ‘n kolwyntjie te nuttig sommer terwyl hul inkopies doen. Die volle wins op die verkope word deur Shoprite aan Kansa geskenk, wat sal gaan aan die versorging van kankerpasiënte in die Thabazimbi omgewing.
‘n Pamflet oor hoe om goeie ondersteuning te gee aan kankerpasiënte, veral deur vriende en familie, sal ook beskikbaar wees by die ‘Cuppa vir Kansa’. Hoewel al hoe meer Suid-Afrikaners kanker oorwin, het navorsing bewys dat die ondersteuning van familie en vriende van kardinale belang is in die herstelproses van kankerlyers.