On Track het iets vir jou

THABAZIMBI – Thabazimbi is bietjie meer as twee uur se reis vanaf Gauteng en bied aan die besoeker ‘n malariavrye besoek binne die wêreld-bekende Waterberg Biosfeer. Sowat 945m bo seespieël, bied die Thabazimbi omgewing warm somer maande en matige wintersdae.
Om seker te maak dat jy kry wat jy hier kom soek is daar “On Track”, die inligtingskantoor in Thabazimbi vir Thabazimbi. On Track is ‘n besprekings- en bemarkingsagentskap met die doel om Thabazimbi en omgewing te bemark as een van die mooiste en gewildste toerisme aantreklikhede in die Waterberg en Limpopo provinsie.
Niemand is eintlik bewus van die talle staproetes in die natuurskone bosveldomgewing waaroor die verskillende lodges en natuurreservate beskik nie. Daarby is daar die talryke plekke van historiese belang, soos onder andere Paul Kruger se uitspanplek by die kremetartboom op Ganahoek, die mees suidelikste kremetartboom wat natuurlik in Suid-Afrika voorkom, of Marakele wat sy naam gekry het van die Bagatlha stamme wat tussen die klowe vir hul vyande weggekruip het. Dan is daar boonop die antieke tinmyne by Rooiberg waar onderdane van Koning Salomon volgens bespiegelinge gemyn het en die klein smeltoondjies wat deur die plaaslike stamme gebruik is om spiespunte uit die ysterstof te vervaardig.
Die doel van On Track  is om die publiek bewus te maak van Thabazimbi en hulle te kry om in die omgewing te kom vakansie hou en te deel in die natuurskoon en gasvryheid wat so eie aan ons  gebied is. Thabazimbi het die afgelope paar jaar as ‘n uitstekende eko-toerisme eindbestemming ontpop. Met die talryke voëlspesies wat hier voorkom maak dit hom uniek in Suid-Afrika. Voeg hierby opwindende viertrekroetes vir quads 4×4’s en motorfietse om die adrenalien so ‘n bietjie vinniger deur die are te laat pomp.
Vir die hengelaar is daar verskeie lodges wat oor hul eie damme beskik en die omgewing bied ‘n hele paar gholfbane waar besoekers so ‘n bietjie kan gaan balle slaan.
On Track is dan ook ten doel om projekte in samewerking met al die rolspelers te loods om sodoende toerisme in die omgewing te bevorder. On Track is daar vir almal wat wil deel in wat ons omgewing en sy mense bied. Hulle bied ook wildsritte en ritte deur die Waterberg aan. So moenie skroom om hulle te skakel by 083 770 9977 of hul kantoor te Elandstraat, Thabazimbi te besoek en te hoor wat jy kan doen oor naweke of met ‘n vakansie nie. Daar is iets vir almal in Thabazimbi
Johan Muller van On Track onderneem om uit sy pad te gaan om jou verblyf in Thabazimbi so aangenaam as moontlik te maak.
Kom voel die Bosveld en beleef daardie Bosveld kampvuurtjie terwyl die son in die weste wegsak.

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.