Uitstallers by vanjaar se Expo…
Die Thabazimbi Wild & Toerisme Expo spog vanjaar met meer as 200 uitstallers wat ‘n verskeidenheid produkte gaan verkoop.
Buitelug liefhebbers kan kom “shop” vir ‘n nuwe flitslig, tent of gemaklike kampeerstoel.
Vir die jagter is daar handgemaakte messe, kamoefleer klere, jag stewels, en biltong droeërs om van te kies.
Boere kan gerus hulle voorraad wildspille kom aanvul, loer na die nuutste trekkers en “mini-diggers” op die mark of hul voertuig handelaar se arm kom draai met die oog op ‘n nuwe bakkie!
Handgemaakte curious, bosveld kunswerk, leer hoedens en belde, khaki klere van Big John Clothing, “eco- estate” eiendomme, “log” meubels om slegs ‘n paar te noem sal ten toon gestel word vir diegene wat nog items benodig vir die “lodge”, huis, lapa…of sommer net vir geit!
Inligting oor toerisme bestemmings en aktiwiteite in die Thabazimbi omgewing sal ook beskikbaar wees by die toerisme vereniging en Marakele Nasional Park uitstalling vir bosveld liefhebbers wat ‘n vakansie beoog!
Die Expo spyskaart beloof om honger magies te vul met lip lek lekker geregte soos wildssosaties, warm potbrood, pannekoek, “javels”, koeksisters, kerrie en rys, karoo lam op die spit en boere patats.
Vir diegene wat wil kom smul aan wildsgeregte sal daar onder andere ‘n verskeidenheid items wees om te proe en aan te skaf om saam te neem terug huis toe soos bees en wildsbiltong en gaar of verpakte wildsvleis.
Kom drink ‘n koppie koffie by die NG Kerk se kosstalletjie en beoordeel hulle bekende wildpotjiekos resep vir jouself! Die susters van die Gereformeerde Kerk in Thabazimbi sal sorg vir ‘n boere ontbyt wat van rooibok lewer, pap en kaiings, en wildswors bestaan en malvapoeding vir die soet tand.
Die uitstallers vir vanjaar se Expo is vol bespreek en geen verdere aansoeke sal aanvaar word nie. Me Tanya Veldman van Oppikoppi Produksies, Projekbestuurder van vanjaar se Thabazimbi Expo versoek uitstallers wat belangstel om in 2009 ‘n uitstalruimte te bekom om die Oppikoppi Produksies kantoor te skakel vanaf 3 November 2008 by 012 346 2011 of ‘n beskrywende e-pos stuur na tanya@oppikoppi.co.za / ingeborg@oppikoppi.co.za. Geen aansoeke sal voor November 2008 aanvaar word vir die Thabazimbi Wild & Toerisme Expo 2009 nie.