THABAZIMBI – Annette Human, wat aangewys is as die VLU Noord se skrywer van die jaar, was onder bespreking by die maandelikse vergadering van die VLU Thabazimbi op 13 Maart.
Daar was ook ‘n uitstalling van Annette se boeke by die vergadering, wat by die KunsteGrot gehou is. Uit hul navorsing het die VLU Thabazimbi op interessante inligting oor Annette Human afgekom.
Op 62-jarige ouderdom boer Annette saam met haar man in die Bosveld. Hulle sien die punt van die Kransberge vanaf hul plaas en as dit nie mistig is nie, sien hulle tot by Thabazimbi. Volgens Annette hou harde werk, min slaap en ‘n dankbare hart haar na aan die aarde en ver van aftree. Met so ‘n houding verstaan ‘n mens alte goed dat haar lewensmotto “Wees altyddeur bly” kan wees.
Die volgende vergadering van die tak is op 10 April om 09:00. Alle belangstellendes kan die skakelbeampte, Liz van Tonder, skakel by 084 436 4429.
