Vermaak uit die boonste rakke by die Thabazimbi Wild & Toerisme Expo 1 tot 3 Mei
Maak seker jy maak ‘n merkie in jou dagboek om jou te herinner aan die Thabazimbi Wild & Toerisme Expo die jaar by Thaba Park in Thabazimbi. Kom kuier saam in die hartjie van die bosveld vanaf 1 tot 3 Mei waar daar vele pret en avontuur gaan wees. Vanaf 1 tot 3 Mei gaan Thaba Park, Thabazimbi, die koninklike huis wees vir meer as 200 uitstallers, wildsvleis, biltong, roosterkoek, wildsritte, jagluiperd demonstrasies, kindervermaak, boeresport kompetisies en vele meer musiek en ander vermaaklikheid.
Die Oppikoppi Produksie span is volspoed besig met die reëlings om die jaar se Thabazimbi Wild & Toerisme Expo ‘n fees te maak wat nie misgeloop kan word nie. Die naweek gaan propvol aksie wees en enige iemand is welkom, jy kan selfs jou gunsteling bosvelder kom uitdaag by die 4×4 Modderritte, die Wildsbokafslagkompetisie of selfs die legendariese Potjiekoskompetisie wat enige kosliefhebber kan mal maak.
Net die beste in Afrikaanse musiek gaan ook daar wees om die Thabazimbi Expo net meer te versier. Maak seker jy vergeet nie van die bokjol wat elke aand afskop met kunstenaars soos Kurt Darren, Dozi, Juanita du Plessis, Chris Chameleon, Jakkie louw, Valiant Swart, Beeskraal en vele meer. Pieter Koen gaan ook daagliks daar wees om heel dag vir vele vermaaklikheid te voorsien.
Bring jou hele gesin, nuwe vriende, ou vriende of jou beste tjom en geniet hierdie wegbreek. Dis ‘n moet vir enige jagter, wildsboer, ekotoeris en Bosveld Liefhebber!
Vir meer informasie bel 012 346 2011 of gaan na ons webtuiste toe by www.oppikoppi.co.za