Jukskei Bondsliga uitslae
MOKOPANE – In die Bondsliga-wedstryde tussen die Pietersburg Wyksbond (Noorde) en die Nylwyksbond (Suide) op Saterdag 16 Februarie in Mokopane, het die Noorde die Suide geklop met 247 punte teenoor 201.Daar is meegeding in Afdelings A, B en C. In die A-afdeling was Noord 2 eerste met 25 punte, Noord 1 en Suid 1 was tweede, elk met 24,5 punte en Suid 2 was derde met 22,5 punte.
In afdeling B was Noord 2 eerste met 26,5 punte, Noord 1 was tweede met 26 punte en Suid 2 was derde met 22,5 punte. In Afdeling C was Suid 3 eerste met 33,5 punte, Noord 4 was tweede met 32 punte en Suid 2 was derde met 31,5 punte.
Op Saterdag 1 Maart vind die Noordstreek-kampioenskappe plaas op Boksburg. Twee damespanne, twee Veteraanspanne en drie spanne in die Mans-afdeling sal die Limpopo Unie by dié kampioenskappe verteenwoordig.
Die B en C Kampioenskappe vind plaas in Kroonstad van 25 tot 29 Februarie.