Northam Hengelklub goed op dreef
SETARIA – Die Northam Hengelklub het die afgelope naweek hulle derde kompetisie vir die nuwe jaar gehad. Die kompetisie het by die Northam Konsentrator plaasgevind vanaf Saterdag 12:00 tot Sondag 12:00. Vir sommige hengelaars was die naweek egter nie so suksesvol soos vir ander nie. Die swaarste sakke is deur die volgende persone gevang: Mans – Louis Jordaan, Dames – Annatjie Jordaan, Juniors – Ronaldo du Toit en Penkoppe – Graham Engelbrecht. Die seniors is gewen deur Jorrie Jordaan, die Dames is gewen deur Nicolene Heydenrych, die Juniors is gewen deur Marcel Evert en die Penkoppe het nie ‘n wenner gehad nie. Die dam was vir twee maande gesluit gewees as gevolg van noodsaaklike herstelwerk. Dit is nou weer oopgestel en alle belangstellendes kan die klub voorsitter kontak by 073 665 5169. Die volgende kompetisie vind plaas by Roodekoppies op die naweek van die 2de Februarie. Groot pryse kan gewen word, aangesien dit saam met die Roodekoppies Bonanza aangebied word.
