Sport

Thabazimbi ruiter spring hoog

THABAZIMBI – Lindie de Beer en haar perd Wairwolf het drie eerste plekke losgespring by die Suid-Afrikaanse Perdespring Kampioenskappe vir Juniors by Shongweni in Durban, wat tussen 10 en 15 Desember plaasgevind het. Lindie is ‘n Gr 10-leerling in Hoërskool Frikkie Meyer. Vyftig ander ruiters het deelgeneem by dié kompetisie, maar Lindie en Wairwolf, wat reeds twee jaar saam oefen, is oënskynlik ‘n wenkombinasie waarmee rekening gehou moet word. Lindie, met Wairwolf, is die wenner in die JE-klas (90cm – 1m) Championships, Welcome Stakes en Accumulator, dus drie eerste plekke. Volgens haar afrigter, Monica Willats, is Lindie beloon vir haar harde werk en deursettingsvermoë van die afgelope twee jaar. Sy is nou gereed om op te gradeer na ‘n hoër klas (JD), sê Monica.