Vis Gladius het amptelik in Thabazimbi geopen. Hulle kantoor en kontrole kamer is geleë in Van der Bijlstraat 111, Thabazimbi (oorkant die tennisbane). Vis Gladius bied eksklusiewe beskermingsdienste. Hulle spesialiseer in: 24 uur gewapende reaksie, 24 uur gewapende patrollies, 24 uur gewapende kontrole, 24 uur gewapende begeleidingsdienste, 24 uur tegniese ondersteuning of beskerming, analise en advisering, persoonlike beskerming, plaas- en VIP beskerming. Ook beskik hulle oor spesiale eenhede soos: ‘n Honde eenheid, Spoorsnyers, Forensiese Eenheid, Tegniese Eenheid, Anti- Wilddief spanne, Private beskermingspanne, Misdaadondersoek Eenheid en ‘n Lugvleuel. Vis Gladius maak ook gebruik van die beste moontlike maniere om misdaad te verhoed. Hulle tegniese span kan enige bestaande alarm sisteem op die mark opgradeer of verleng. Hulle operasionele kontrole sentrum is toegerus met die nuutste digitale radio en kommunikasie tegnologie wat GSM en GPRS aanpasbaar is. Vis Gladius is die enigste uitvoerende beskermingsdienste verskaffer wat ekstensief betrokke is saam met die SAPD om misdaadvoorkoming operasies te hou. Vir enige verdere navrae kan u gerus die vol- gende nommers skakel: Hoofkantoor: 0861 045 045 of Nick (TBZ se area be- stuurder): 079 731 5082.
