General

Boer vir die toekoms: Landboutoer na Thailand

TLU SA Noord nooi belangstellendes uit na die eerste landboutoer na Thailand wat beplan word om saam te val met die jaarlikse APNAN (Asia Pacific Natural Agriculture Network) werkswinkel. Die werkswinkel konsentreer op die Kyusei Natuurlike boerdery en EM (Effektiewe Mikro organisme) tegnologie. Die werkswinkel vind plaas vanaf 17 tot 21 Februarie 2008. Volgens mnr Dries Joubert, voorsitter van TLU SA Noord, kan lede en nie–lede wat belangstel nou reeds bespreek. APNAN organiseer jaarlikse twee internasionale werkswinkels/ opleidingsprogramme wat die Kyusei Natuurlike boerdery metode en die gebruik van EM ondersteun. Die opleiding word gedurende Februarie en Julie by die Kyusei Natuurlike boerdery sentrum, naby Sara Buri aangebied. Sara Buri is 120 km vanaf Bangkok. Die sentrum is in 1988 op 70 hektaar gevestig met die doelwit om opleiding aan te bied in die Kyusei boerdery metode en die gebruik van EM. Beide tegnieke het ten doel om veilige voedsel te produseer en om ‘n volhoubare en skoon omgewing te skep. Die program bestaan uit ‘n drie dae program in die sentrum en die vierde dag bestaan uit ‘n uitstappie om die toepassing van die tegnologie in praktyk waar te neem. Die program kan by die volgende web adres gevind word: http://www.apnan.org/Next_Works hop_Information.htm Joubert sê dat die toer bedoel is vir lede wat volhoubaar wil boer. Die besonderse metode kan met vrug in Suid Afrika gebruik word. Persone wat belangstel kan vir Wilma skakel by 015 – 297 3749.