Bosveld Voëls se Klanke
Die gewilde Kitsgids tot Voëls van die Bosveld is nou aangevul deur ‘n DVD vir rekenaar met voëlklanke by. Die boek word grootliks op die DVD herhaal, met al die voëlinligting en fotos, terwyl die voël se roep of klank met die druk van ‘n knoppie nou ook gehoor kan word. Meer as 370 van die Bosveld se voëls se klanke kan so gehoor word terwyl die voël se foto bekyk word, wat assosiasie baie maklik maak. Herman van Niekerk, mede-skrywer van die boek en die DVD, sê dat die DVD die eerste publikasie in Afrikaans is waar voëlklanke op so ‘n groot skaal bygevoeg word. Die Kitsgids tot Voëls van die Bosveld, sowel as die elektroniese weergawe daarvan, is beide in Afrikaans en Engels in die handel of by die uitgewers beskikbaar. Verder is daar ‘n handige, tweetalige voëlmerklys met kruisverwysings na die boek beskikbaar.
