Oewer hengelkompetisie
THABAZIMBI – Bosveld Akademie vir CVO bied ‘n oewer hengelkompetisie aan by die Rookpoortdam, Verdrag vanaf 16 tot 17 November. Die kompetisie begin amptelik op Vrydag 16 November om 17:00 en eindig om 14:00 op Saterdag 17 November. Inskrywings vind by die dam plaas en sal begin op Vrydag 16 November vanaf 14:00 tot 17:00. Die inweeg vind om 14:30 Saterdag 17 November plaas en die prysoorhandiging direk daarna by die Verdrag Personeelklub. ‘n Kontantkroeg is beskikbaar by Personeelklub. Pryse kan gewen word vir die volgende: swaarste karp swaarste kurper swaarste barber swaarste swartbaar en die swaarste sak. Inskrywing gelde beloop R100 per hengelaar en R50 per nie-hengelaar en kompetisie reëls sal met inskrywings beskikbaar gestel word. Vir navrae skakel Jaco van Vuuren by 0824391440 of Jaap Lotter by 0767768880
