Hardekool bergfietswedren om die draai

THABAZIMBI – Die jaarlikse Kumba Hardekool bergfietswedren vind oudergewoonte te Ben Alberts Natuur Reservaat op Saterdag 20 Oktober 2007 plaas. Die drie kategorieë word opgedeel in ‘n meer ervare 70km wat R120 per inskrywing beloop, ‘n 35km wat nogsteeds ‘n uitdaging is vir R100 per in- skrywing en ‘n 10km wat amper in dieselfde asem as ‘n “pretloop” genoem kan word vir R50 per inskrywings. Die afsnypunt vir aanlyn inskrywings is Woensdag 17 Oktober 2007, maar vir gefaksde inskrywings is die afsnypunt reeds op Maandag 15 Oktober 2007. Geharde bergfietstrappers kan inskrywingsvorms aanlyn by www.entrytime.co m of by Active Life Gym bekom. Vir navrae kan die organiseerder, Johan Pienaar, gekontak word by 082 468 0142.