General

Hope talent by Frikkie Meyer se Kunsteweek

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het vanaf 10 September tot 14 September ‘n Kunsteweek aangebied. Verskeie skole uit die omgewing het hiervoor ingeskryf. Die deelnemende skole was Laerskole Thabazimbi, Van Wykskraal, Koedoeskop en Platina en Hoërskole Frikkie Meyer, Warmbad, Ellisras en Nylstroom. Die afdelings waarin meegeding is was: Drama, Redenaars, instrumentaal en Vokaal. In die Drama afdeling was daar 165 inskrywings uit 7 skole. In die Redenaars afdeling was daar 27 inskrywings uit 4 skole. Die Instrumentale afdeling het 67 inskrywings uit 3 skole gehad. Die Vokale afdeling het 110 inskrywings uit 7 skole gehad. In die Kuns afdeling was daar 300 inskrywings vanaf 6 skole. Die algehele individuele wenners in hierdie afdelings was; Amanda Venter van Hoërskool Frikkie Meyer vir beide drama en redenaars, Annerie Senekal van Laerskool Thabazimbi vir instrumentaal en Danie van Deventer van Hoërskool Frikkie Meyer vir vokaal.